Sy vertoning ten bate van Stepping Stone Hospice in Alberton het luide applous ontlok. “Laat ek jou só sê” is briljant deur Jonathan saamgevat in ‘n eenmanstuk wat handel oor dinge van die lewe wat alledaags is en ons kan irriteer. Tussen die gelag deur was daar ook oomblikke wat die gehoor kopskukkend met menige van sy sêgoed saamgestem het.
Sowat R50 000 is uiteindelik vir hospice met hierdie aand se verrigtinge ingesamel. ‘n Helikoptervlug vir ‘n vier-bal na die Parys Gholfbaan langs die Vaalrivier, was opgeveil asook vakansies na die Elements en Pinnacle Point oorde.
[widgetkit id=”65″ name=”News – Radio Raps Stel nie teleer nie”]