Meer kaartjies beskikbaar vir Radio Raps se Jonathan

Hierdie vertoning ten bate van Stepping Stone Hospice in Alberton, was oorspronklik beplan om by Reading Country Club plaas te vind. Teen alle verwagtinge in het die kaartjies so vinnig verkoop dat verskeie mense weggewys moes word as gevolg van beperkte spasie.

Brenda Peach van Stepping Stone Hospice en organiseerder van hierdie fondsinsamelingsfunksie, verduidelik dat ‘n gesprek met Alberton Rugbyklub se Manie Reyneke en Stefan Fourie daartoe gelei het dat die rugbyklub goedgunstelik hulle boma by die klub in Florentia, Alberton beskikbaar maak vir die funksie.

“Waar ons aanvanklik net 140 mense kon akkommodeer, kan 300 mense nou met gemak die vertoning kom geniet.”

Laat ek jou só sê word briljant deur Jonathan saamgevat in ‘n eenmanstuk wat handel oor dinge van die lewe wat alledaags is en ons kan irriteer. Hierdie gewilde komediant is veral bekend vir sy sê-goed soos “Lekker boys”, “Da vat hy”, “Okeey”, “Olraait” en Basics boys, basics.”

Die toegangsfooi van R350 per persoon sluit ‘n aandete in. Verskeie pryse kan ook gewen word, onder andere ‘n helikoptervlug vir ‘n vierbal om ‘n rondte gholf op die Parys Gholfbaan te gaan speel.

Kontak Brenda Peach vir kaartjiebesprekings: 063 648 1408 of brenda@steppingstonehospice.co.za. Let wel, daar is ‘n ouderdomsbeperking, geen kinders onder 16 jaar as gevolg van taalgebruik in die vertoning.

  • Home
  • Meer kaartjies beskikbaar vir Radio Raps se Jonathan

© Powered by Phatman Designs.

Debit Order Entry